+27 82 716 3626 info@profileworx.com

LEGKAART VAN JOU GESIG – Fisionomie in ‘n neutedop

(Marthie Maré, LAPA)

Ook beskikbaar in Engels: Your Face Puzzle – Physiognomy Simplified

Hoeveel keer het jy al gewens dat jy ‘n gebruikershandleiding kan hê vir elkeen wat jy ontmoet? Wat is die X-faktor wat jou dadelik van iemand laat hou terwyl jy sommer met die eerste oogopslag wéét dat jy glad nie met ‘n ander een oor die weg gaan kom nie?

Legkaart van jou gesig is ‘n praktiese gids, met foto’s, wat die teorie agter gelaatstrekke verduidelik. Dit bevat praktiese wenke oor hoe om jou kliënt se vertroue te wen, hoekom jou kind so rebels is en of jy en jou lewensmaat versoenbaar is.

‘n Getekende kopie, met die opsie van ‘n persoonlike boodskap, kan direk van die skrywer bestel word.

Lees Riaan Cruywagen (TV en radiopersoonlikheid) se kommentaar oor sy gesigontleding.