+27 82 716 3626 info@profileworx.com

Mishandel, Misbruik, Misken – Joey Haarhoff was my ma

(Carla van der Spuy, soos vertel deur Amor vd Westhuyzen, LAPA)

Also available in English: Battered, Abused, Shamed – Joey Haarhoff was my Mother

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers. Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.

Marthie Maré is deur die skrywer Carla van der Spuy gevra om ‘n bydrae te lewer tot hierdie omstrede boek met ‘n ontleding van Amor se gesig. Marthie het die ontleding gedoen vanaf foto’s wat aan haar verskaf is, sonder enige agtergrondinligting oor Amor se verhaal. Die reeks foto’s strek oor ‘n aantal jare van Amor as ‘n jong dogter tot waar sy ‘n volwasse vrou en ma is. Hierdie ontleding is ‘n goeie voorbeeld van gesigontleding in aksie. Dit verduidelik hoe Marthie die veranderings in Amor se persoonlikheid oor die jare kon beskryf deur die veranderings in haar gelaatstrekke te ontleed.

Marthie het ook ‘n gesigontleding van die berugte Joey (Amor se ma) gedoen vanaf die laaste foto wat van haar en Gert van Rooyen deur die media gepubliseer was. Dit was vir Amor ‘n emosionele ervaring om insig in haar ma se persoonlikheid te kon kry, veral omdat sy nooit die voorreg gehad het om ‘n liefdevolle ma-dogter verhouding met haar te hê nie.

Klik op die skakel en lees ‘n uittreksel van die ontleding met Amor se kommentaar.